Welvaart Met Skaap

Welvaart Met Skaap

Van Onseker Skaapboer na Winsgewende Besigheidseienaar

Is Jy Gereed Om Jou Skaapboerdery Na Die Volgende Vlak Te Neem?

As jy bang is dat jou boerdery dit nie gaan maak nie of dat jy die een is wat die blaam moet vat dat die familie boerdery tot niet is of dat jou boerdery nie meer sal kan sorg vir jou gesin nie dan is hierdie vir jou.

(Klik op die video hierbo vir meer inligting)

Volgens bedryfsdata misluk die meeste boere omdat hulle nie stelsels in plek het nie.

Begin vandag om stelsels te implementeer wat sal verseker dat jou boerdery winsgewend is sodat jy vir jou mense kan sorg en dat jy jou boerdery suksesvol kan oordra na die volgende generasie.

Welkom By Welvaart Met Skaap

As jy hierdie lees, is die kans goed dat jy lief is vir boerdery.

Jy verstaan die vreugde van goeie reën, gesonde lammers, sterk wol- en vleispryse en die trots van ’n goed bestuurde plaas.

Maar jy verstaan waarskynlik ook die uitdagings.

Droogtes. Stygende koste. Onseker markte. Kontantvloei druk. Arbeidsuitdagings. Lang ure. En die konstante verantwoordelikheid om besluite te neem wat nie net vandag nie, maar ook môre se uitkomste bepaal.

Hierdie boek gaan nie net oor skaapboerdery nie.

Dit gaan oor hoe om ’n winsgewende, volhoubare en betekenisvolle lewe deur skaapboerdery te bou.

Dit gaan oor hoe om jou boerdery te gebruik as ’n voertuig om welvaart te skep — nie net finansiële welvaart nie, maar ook welvaart in jou gesondheid, verhoudings, tydsvryheid, persoonlike groei en nalatenskap.

Wat Jy Kan Verwag

In hierdie boek gaan jy leer:

• Hoe die Top 20% boere anders dink en anders besluit.
• Hoe om jou boerdery as ’n besigheid te bestuur.
• Hoe om die belangrikste prestasie-aanwysers (KPI’s) te meet en te verbeter.
• Hoe om stelsels te bou wat jou minder afhanklik maak van harde werk alleen.
• Hoe om winsgewendheid en kontantvloei te verbeter.
• Hoe om bates te bou in plaas van net inkomste te verdien.
• Hoe om ’n duidelike visie vir jou lewe, boerdery en nalatenskap te ontwikkel.
• Hoe om die volgende generasie voor te berei om op jou fondasie voort te bou.

Hierdie boek is ontwerp om jou te help om meer doelbewus te dink, beter besluite te neem en op die regte dinge te fokus.

Wat Jy Nie Kan Verwag Nie

Hierdie is nie ’n wonderwerkboek nie.

Jy gaan nie ’n geheime formule ontdek wat jou wins oornag verdubbel nie.

Jy gaan nie ’n magiese genetiese truuk, voedingsprogram of bemarkingstrategie kry wat alle probleme oplos nie. Hierdie boek gaan ook nie vir jou sê dat boerdery maklik is nie.

Boerdery bly een van die moeilikste en mees uitdagende ondernemings op aarde.

Wat hierdie boek wel gaan doen, is om jou te help fokus op die faktore wat binne jou beheer is.

Jou denke. Jou besluite. Jou stelsels. Jou dissipline.

Jou mense. Jou visie.

Want oor die lang termyn is dit hierdie dinge wat die grootste verskil maak.

Meer as net Skape

Toegepaste Kennis Is Mag. Ontsluit Jou Volle Potensiaal ...

Deel 1: Die Boer

Inhoud:

  • Hoofstuk 1: Wat Is Ware Welvaart

  • Hoofstuk 2: Begin Met Die Einde In Gedagte

  • Hoofstuk 3: Die Top 20% Boer Se Denkwyse

  • Hoofstuk 4: Waardes Beginsels en Leierskap

Deel 2: Die Besigheid

Inhoud:

  • Hoofstuk 5: Jou Skaapboerdery Is n Besigheid

  • Hoofstuk 6: Die 4 Enjins Van Winsgewende Skaapboerdery

  • Hoofstuk 7: Meet Wat Belangrik Is

  • Hoofstuk 8: Die Top 20% Prestasie Formule

Deel 3: Die Stelsels

Inhoud:

  • Hoofstuk 9: Werk Ook Op Die Boerdery, Nie Net In Die Boerdery

  • Hoofstuk 10: Die 90-Dae Groei Stelsel

  • Hoofstuk 11: Die 4 Lense Van Besluitneming

Deel 4: Die Welvaartmasjien

Inhoud:

  • Hoofstuk 12: Bou Bates, Nie Net Inkomste Nie

  • Hoofstuk 13: Die 5 Bateklasse Van n Moderne Boer

  • Hoofstuk 14: Die Mag Van Kummulatiewe Groei

Deel 5: Nalatenskap

Inhoud:

  • Hoofstuk 15: Meer As Net skape

  • Hoofstuk 16: Die Volgende Generasie

  • Hoofstuk 17: Jou Persoonlike Welvaartplan

Begin Bou Vandag Aan Jou Welvaart

(Klik op die groen skakel om toegang te kry)

Ek is Abraham(Braam) Coetzee en ek is al meer as 30 jaar betrokke in die skaap- en wolbedryf in Suid Afrika.

Ek het op 'n skaapplaas in Namibië grootgeword.

Na skool gaan studeer ek B.Sc. Landbou aan Stellenbosch Universiteit en spesialiseer in die voeding, teling en bestuur van wolskape.

In 1990 verwerf ek die graad B.Sc.-Honeurs in Skaap- en Wolkunde.

My loopbaan begin in 1991 by die Suid-Afrikaanse Wolraad as 'n skaap- en woladviseur.

Gedurende hierdie tyd was ek betrokke by die bestuur van ooiprojekte in die Karoo om te bepaal hoe lyk die tipe wolskaap wat optimaal presteer onder natuurlike omstandighede.

Ek het ook gedien as 'n senior skaap- en woladviseur vir die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, sowel as vir BKB, een van die voorste Wolmakelaars in Suid-Afrika.

Verder het ek vir 10 jaar as die besturende direkteur van die Konsortium maatskappye gedien. My funksie was die ontwikkeling van standaardbedryfsisteme vir die boerdery. Die beplanning, begroting, implementering, monitering en evaluering van die boerdery eenhede.

Ek is ook die afgelope 17 jaar die besturende direkteur van my familie se eie groep van maatskappye.

Ons bedryf verskeie besighede onder die Amali-handelsmerk.

Verder doen ek gereeld kursusse oor bemarking, leierskap en bestuur en doen ook baie selfstudie oor hierdie onderwerpe.

Ek en my vrou, Marlize woon in Cradock in die Oos-Kaap. Ons het twee dogters. Die oudste is in die vrugte uitvoer bedryf en die jongste is in die finansiele bedryf.

REG OM TE BEGIN?

Kry Hierdie eboek Vandag!

’n stap-vir-stap eboek wat ontwerp is om jou skaapboerdery van ’n finansiële stryd om oorlewing na ’n winsgewende, volhoubare besigheid te verander. As jy moeg is vir lang ure, stygende kostes en onsekerheid oor jou plaas se toekoms, is hierdie beslis jou padkaart na sukses.

Welvaart Met Skaap

Slegs R 497.00

Klik op die skakel vul in jou besonderhede en volg die stappe. Jy is een stap weg van jou sukses.

All rights reserved Amali Digital Marketing Agency (Pty) Ltd

Disclaimer:

This guide is provided for informational purposes only and does not constitute financial, investment, or legal advice. The content is based on research and personal experience and is intended to share general information about sheep farming concepts and strategies. Individual farming situations vary, and it’s important to consult a qualified advisor before making any investment or financial decisions. We do not guarantee specific results, and all investments carry risk. The creators and distributors of this guide are not responsible for any losses or damages resulting from actions taken based on its contents.